Boeke vir Tieners,  Jonger Tieners,  Ouer Tieners

Die meisie op die dak

Kan mens nog in wonderwerke glo as jy alles verloor …

 

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie.

Dan ontmoet Estelle vir Aiden.

Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet.

Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

 

Lusmaker …

“En nou is dit uiteindelik tyd vir ons dak-date,” sê hy toe hy die afdroogdoek ophang.

Buite in die tuin staan die leer klaar reg. Aiden help my om tot bo te klim, en daarna bring hy my hele kaboedel ook op. Hy blaas vinnig my matras op. Ek kan nie help om te sien hoe elke spier in sy arms perfek bult terwyl hy die pomp se handvatsels op en af druk nie. Toe hy klaar is, gooi ek my slaapsak oor die matras en my kussing bo-op. Aiden se bed is klaar opgemaak. Hy het dit seker al vanmiddag gedoen.

“So, wat doen ons nou?” vra ek en gaan lê op my matras.

“Nou kyk ons of ons ‘n verskietende ster sien, dan kan jy ‘n wens maak.”

Ek antwoord nie. Ek glo nie in sprokiesverhale, wense maak as ‘n ster verskiet of gelukkige eindes nie.

Amazon | Graffiti | Loot | Exclusive Books