Boeke vir Tieners,  Ouer Tieners,  Tienerhart-Reeks

Hartbreker – Tienerharte 2

 

Stefan is ‘n haan onder die kampushenne. Sal Ciska sy hart kan steel …

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie ’n ou vir commitment nie. Selfs mooi blondines soos Surette sukkel om sy aandag te hou. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is beslis nie soos ander meisies nie.  Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie.

Ciska wil nooit van ʼn man afhanklik wees nie. Sy het ʼn sewejaarplan om haar studies klaar te maak en te begin werk. Dán eers sal sy weer ʼn verhouding oorweeg.  Want ouens soos Stefan Bruwer is gevaarlik. Veral met sy tergende glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken . . .

Amazon | Graffiti | Loot | Makro | Book a Book