Boeke vir Tieners,  Ouer Tieners,  Tienerhart-Reeks

Hartedief – Tienerharte 3

Sal Lisa Estian toelaat om al haar geheime ontrafel …

 

By die Elizabeth Galloway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ‘n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos …

Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit nog net nie. Noudat hulle paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se geheime een vir een ontrafel.

Hierdie boek is in 2017 bekroon met die ATKV-Kinderboektoekenning vir selfleeskategorie graad 8-10.

Amazon | Graffiti | Loot |Makro | Book a Book