Oor Cecilia
Cecilia Steyn is op 9 September 1974 in Welkom, Vrystaat, gebore. Sy het haar skooljare by Welkom Volkskool en Goudveld Hoërskool deurgebring. Vandag woon sy in ‘n rustige Ooskaapse kusdorpie saam met haar man en hul wit Labrador, Oreo. Sy is die trotse ma van twee seuns, Marius en Francois, en skoondogter Surita. Sy is veral trots daarop dat Marius vir Surita in ’n boekwinkel ontmoet het!
Cecilia het vir vyftien jaar as takadministreerder by ’n gemeenskapsapteek in Klerksdorp gewerk. In 2017 verruil sy syfers vir woorde en begin sy voltyds skryf. Sy beskou Ma-wees haar grootste sukses in die lewe. Ná haar kinders uit die huis is, het haar karakters die leemte in haar leë nes begin vul.
As kind was Cecilia ’n energieke, kreatiewe meisie wat daarvan gehou het om klere te ontwerp, te swem en het sy netbal en akrobaat beoefen. Sy kon ook ure saam met die buurt se kinders speel. Haar lewendige verbeelding het haar laat droom om eendag ’n Wimbledonkampioen, ’n prinses, ’n sangeres en selfs ’n fisioterapeut te word.
Cecilia het eers in haar dertigs ’n liefde vir lees ontwikkel, al het sy in ’n huis vol boeke grootgeword. As kind het sy eerder die mooi omslae en illustrasies bewonder as om die boeke self te lees. Vandag lees sy graag jeugverhale, romanses en fantasieverhale.
Cecilia is die skrywer van gewilde reekse soos Tienerharte, #PresiesAnders, Lea Lief, en die Naweek-Trilogie. Haar grafiese roman, ’n Hart is Net Atome en haar jeugkrimi, Dryf en die hartroerende, Die Vlerke van Naaldekokers het haar posisie as een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers verstewig.
Buite haar skryfwerk hou Cecilia haarself besig met skulpe versamel, skattejag in oudhedewinkels en DIY-projekte aan hul huise. Sy geniet dit steeds om te swem. Sy was al in Griekeland, Dubai en Turkye.
Cecilia is bang vir slange en spinnekoppe en glo moontlik dat sjokolade ’n voedselgroep is!
Toekennings:
- ATKV-Kinderboek Toekenning 2017, Selfleeskategorie: Graad 8-10 vir Tienerharte 3, Hartedief.
- ATKV-Kinderboek Toekenning 2018, Selfleeskategorie: Graad 6-7 vir #PresiesAnders, Eksperimente en eerste soene.
- ATKV-Kinderboek Toekenning 2023, Selfleeskategorie: Graad 3-4 vir Die Dodelikste Donuts in die Heelal.
- SALA-Toekennings 2024 langlys: Dryf en Saterdag val ek vir jou.
Skryfopleiding:
In 2015 woon Cecilia die ATKV-Skryfskool vir skrywers van Liefdesverhale onder leiding van Prof. Bernard Odendaal en Prof. Hans du Plessis aan die NWU by. Sy word ook gementor deur haar broer, bekende skrywer, Fanie Viljoen.
PUBLIKASIES:
Dramas:
2022 – Pandora se kis (Die skool vir rampspoedige talente, Lapa Uitgewers)
2022 – Droomverlore (Tyd is ‘n b**ksem, Lapa Uitgewers)
Kortverhale:
2015 – Evan se Pizza (Vrouekeur, Januarie )
Die Affair (Vrouekeur, September)
Belliedans op die duine – (Vrouekeur, November)
2017 – Storieboekliefde ( Romanzaliefde)
2019 – Beukes en ses biljoen zombies (Iemand wat verdrink, Lapa Uitgewers)
2021 – Somervakansie (Ingonyama en ander maats met leeueharte, Best Books/NB Skole)
2022 – Hoe Thor sy hamer gekry het (Die skool vir rampsoedige talente en ander gelukkige stories, Lapa Uitgewers, April 2022)
Die liefde se tyd – (Vrydagaand, Protea Boekhuis, Mei 2022)
Verhale:
2016 – Die Meisie op die dak (Lapa Uitgewers.Tans in 4de druk.)
Tienerharte1, Hartklop (Human & Rousseau)
Tienerharte 2, Hartbreker (Human & Rousseau)
Tienerharte 3, Hartedief (Human & Rousseau)
2017 – Tienerharte 4, Hartsnaar (Human & Rousseau)
#PresiesAnders 1, Ekpserimente en eerste soene (Human & Rousseau)2018 – Stoppelbaardsoene in Santorini (Lapa Romanza)
Leisels na Liefde (Lapa Romanza) #PresiesAnders 2, Cupcakes & Kupido’s (Human & Rousseau)
Die Eks-noodgeval (NB-Uitgewers, Hartklop)2019 – Lea Lief Seeskilpaaie, Avonture by die Akwarium (Lapa Uitgewers)
#PresiesAnders 3, Somerskool en Spoke (Human & Rousseau)
2020 – Lea Lief Honde, Hik, hik, hoera! (Lapa Uitgewers)
Die Vlerke van Naaldekokers (Human & Rousseau)
Die vinnigste skoene in die hele Wêreld (Human & Rousseau)
Lea Lief Apies, Grypdiewe en gevaar (Lapa Uitgewers)
2021 – Lea Lief Uile, Muisvalle en Maanmelkskommels (Lapa Uitgewers)
‘n Hart is Net Atome – Grafiese Roman (Lapa Uitgewers)
2022 – Vrydag is ek verlief (Lapa Uitgewers)
Die Dodelikste Donuts in die heelal (Human & Rousseau)
Dryf (Human & Rousseau)
2023 – Saterdag val ek vir jou (Lapa Uitgewers)
2024 – Sondag steel jy my hart (Lapa Uitgewers)
Vertaalwerk:
- 2019 – Oorlewingsgids vir ‘n prinses deur Frederica Magrin & Laura Brenlla, Lapa Uitgewers.