Die gids is as hulpmiddel vir die onderwyser in die klaskamer bedoel. Dit is geskryf met Graad 10 Huistaal as hooffokus en volgens die riglyne van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit. Die roman en onderwysersgids kan ook vir Graad 11 Huistaal gebruik word mits die onderwyser die nodige aanpassings maak soos deur die KABV voorgeskryf word.
Die gids is opgestel deur Dewald Koen, Fakulteit Opvoedkunde, Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth.
Laai ook die gratis PowerPoint Deel1, Deel 2 en Deel 3 af. Die PowerPoint is gemaak met die oog om saam met die gratis onderwysersgids in die klaskamer te gebruik en die onderwyser se werk te vergemaklik deur die belangrike inligting op ‘n skerm in die klaskamer te projekteer. Dit bevat ook ekstra foto’s en inligting oor die roman.