Die Vlerke Van Naaldekokers
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg.
Boonop is sý die een wat al vir maande lank haar ma se aaklige geheim moet ronddra.
‘n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om ‘n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak ‘n verskil, plant ‘n boom, soen ‘n mooi ou . . .
Dit word ‘n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. ‘n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook ‘n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe soms op ‘n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde . . .
Laai ‘n gratis werkkaart af vir Die Vlerke van Naaldekokers: Werkkaart
Kyk hier na ‘n boekgesprek oor Die Vlerke van Naaldekokers.
Gratis ONDERWYSERSGIDS.
Amazon | Graffiti | Loot | Exclusive Books | Makro | Book a Book