#PresiesAnders,  Boeke vir Tieners,  Jonger Tieners

#PresiesAnders 1 – Eksperimente en eerste soene

Hoe ver sal Zoe gaan om die wetenskap ekspo te wen …

Zoe en Zoya is ʼn identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in ‘n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe ‘n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge gekompliseer. Zoe móét net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kêrel nie!

Hierdie boek is in 2018 bekroon met die ATKV-Kinderboektoekenning vir selfleeskategorie graad 6-7.

Graffiti | Loot | Makro | Book a Book