‘n Hart is net Atome
Poh die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar haar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se groot boksdrome nie.
Asof Poh en haar pa se konstante bakleiery daaroor nie al genoeg is nie, het sy nog ‘n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net oë vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het ‘n verskuilde agenda.
Die Ystervuis gaan haar handskoene vir ‘n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam ‘n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie …
Koop die LEESGIDS.
Kyk hoe Danielle Albertyn, die illustreerder se proses werk. Een, twee, drie.
Amazon | Graffiti | Loot | Book a Book