Boeke vir Tieners,  Ouer Tieners

Saterdag val ek vir jou

Liefde is ‘n waagstuk, maar wie sal wen? Donker Delia wat nie in liefde glo nie of Phoebe, die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaar gesit is?

Delia glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortdag, Saterdag, vernoem is.

Delia se tweede jaar van mediese skool begin met ‘n dare en ‘n weddenskap – Vyf weke, belowe, Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ‘n meisie verlief te maak. Maar Delia sal eerder ‘n vurk in haar eie oog druk as om verlief te wees. Sy is vasbeslote om nie onder Phoebe se betowering te val nie. Maar wanneer Con met Delia ‘n weddenskap aangaan dat Phoebe haar wel verlief kan maak, sit dit ‘n reeks gebeure aan die gang wat nie een van hulle verwag het nie.

Duik kop eerste saam met Delia en Phoebe in hierdie emosionele valskermsprong, terwyl hulle struikelblokke oorkom en hul eie vrese konfronteer in ‘n wedloop om te sien wie die ander persoon eerste verlief sal maak!

Graffiti | Loot | Lapa | Amazon