Uncategorized

Die Gewildste Alien in die ruimte

Wanneer Wynand ‘n gestrande ruimteskip op ‘n tropiese eiland ontdek, ontmoet hy vir Fudge – ‘n melktert-liefhebbende alien wat deur Zorgon die Verskriklike gejag word. Kan Wynand, sy superheldin-ma en selfs sy aartsvyand Natalie, saamwerk om hulle nuwe alien-vriend te red? ‘n Heerlike avontuur wat bewys dat vriendskap werklik universeel is – selfs al kom dit uit die buitenste ruimte!