Hartsnaar – Tienerharte 4
Noah is verlief op sy beste vriendin. Maar weet sy dit?
Sophia en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om ‘n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees . . .
Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en ‘n viool se snare. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet ‘n nerd nou van ‘n meisie se voete onder haar uitslaan?
Amazon | Graffiti | Loot | Makro | Book a Book