Sal Dewald uiteindelik die vakansie vir Megan raaksien …
Megan Bruwer kuier by haar ma op Paternoster vir die Desember skoolvakansie. Sy beplan om baie boek te lees en die Weskus son in te drink totdat Dewald op wie sy heimlik al vir jare verlief is saam met haar broer by hul huis opdaag. Megan is van plan om seker te maak dat Dewald haar uiteindelik die vakansie sal raaksien, dit is te sê as haar broer, Stefan dit sal toelaat. Boonop het haar ma ʼn nuwe liefde en sy beplan om uit te vind presies wie die geheimsinnige man is.