Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Natalie is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop omdat sy altyd eerste kom. Maar sal sulke skoene hom help om nie net vir Natalie te wen nie, maar ook ‘n spul gewetenlose boewe vas te trek?