Kom saam met Wynand op nog ‘n prettige avontuur met sy vinnigste skoene!
Wynand se ma is nou wel ‘n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak!
Maar Wynand maak ‘n ander plan: Sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld!